Kleuterskool vir groot harte beloon

Agter is Gwen Sakati, Emily Morapedi en Demi Morton en in die middel is Kearabetswe Tau, Nathan Themlow, Kiara Klatwasser, Aiden Themlow, Kaylem Smit, Tshimologo Kwadi met Elmie Pieters, Chevonne Buitendag, Liyabukwa Kalimashe en Chantelize Buitendag in die voorste ry. Foto: Ingestuur.

Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het onlangs aan Kleuterzone se kleuterkampioenskappe deelgeneem en gaan binnekort op kykNET te sien wees.

“Ons kleuterskool is uit 90 skole gekies om op 4 November teen vyf ander skole in Pretoria aan Kleuterzone se kleuterkampioenskappe te gaan deelneem. Ons het in die Top 5 geëindig en drie trofeë ontvang – vir beste liedjie van ons keuse, cute factor en die vriendelikste groep,” het Chevonne Buitendag, eienaar van dié dagsorgsentrum gesê.

Chantelize Buitendag, Tshimologo Kawadi en Kaylem Smit se groep het eerste plek vir hul vriendelikheid gekry. Foto: Ingestuur

Die program sal op 4 Desember op kykNET kanaal 146 te sien wees.

“Ons het net weer vir die gemeenskap gewys dat dit nie gaan oor hoeveel kinders in ons skool is nie, maar met die Here aan ons kant en in ons harte kan ons nog groot hoogtes bereik,” het sy gesê.

Elmie Pieters, Nathan Themlow en Kearabetswe Tau se klas het eerste plek met die liedjie van hul keuse gewen. Foto: Ingetsuur

“Ek is baie trots op ons kleuters wat so klein en jonk is, maar al soveel selfvertroue het om so ver te kon kom in dié kampioenskappe. Hulle wys net weer dat baie liefde en aandag van hul juffrouens ’n reuse verskil maak.”

Die klein kleuterskool is baie trots op wat hulle bereik het.

Kiara Klatwasser, Aiden Themlow en Liyabukwa Kalimashe se klas het die ‘cute factor’-prys gewen. Foto: Ingestuur

“Baie dankie aan Kleuterzone en die Abs-produksiespan vir die geleentheid wat ons gekry het om vir almal te kan wys dat Little Angels Dagsorgsentrum nog ’n klein skooltjie is wat ‘n groot impak gaan maak,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Jaco-Mari Futcher
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: