VIDEO: Riebieeckrand wen ‘Die Tennis Tune’-kompetisie

Sorina Erasmus, beter bekend as 'Die Flooze' tydens haar vertoning by Hoërskool Riebeeckrand. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hoërskool Riebeeckrand het vir ’n videokompetisie ingeskryf en hulle het ’n optrede deur van twee gewilde Afrikaanse sangers as prys losgeslaan.

Die sangers Dirk van der Westhuizen en Sorina Erasmus, laasgenoemde beter bekend as Die Flooze, het aan die begin van die jaar ‘n kompetisie vir skole met hul bekende liedjie Die Tennis Tune geloods. Deelnemende skole moes na Die Tennis Tune-musiekvideo op YouTube gaan kyk en die Tennis Tune-dans geleer het. Daarna moes hulle ‘n video neem van waar hulle die Tennis Tune dans.

Sorina Erasmus, beter bekend as ‘Die Flooze’ tydens haar vertoning by Hoërskool Riebeeckrand. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die video waarna die meeste gekyk is en likes gekry het, is as die wenners gekroon. Hoërskool Riebeeckrand het die geleentheid met altwee hande aangegryp en die hele skool deel gemaak van die kompetisie. Elke leerder, personeellid en selfs die skoolhoof was deel van Riebeeckrand se Tennis Tune-dans,” het Elzeri Wright, die skool se skakelbeampte gesê.

“Die video het Riebeeckrand se trots, gees en eenvormigheid weerspieël. Riebeeckrand se video het verreweg die meeste besigtigings en likes gehad en ons skool is as die wenners van dié kompetisie gekroon,” het Elzeri gesê.

Die Flooze en Dirk het die gemeenskap op Woensdag, 1 Augustus, in Riebeeckrand se skoolsaal vermaak.

Kyk na Hoërskool Riebeeckrand se video-inskrywing hier:

H/SKOOL RIEBEECKRAND #DieTennisTune Skole Kompetisie

Die Tennis Tune Skole Kompetisie: H/SKOOL RIEBEECKRAND Hoe om te "stem"Gaan KYK + LIKE die video voor 22 MAARTDie video/skool dan met die MEESTE "LIKES + VIEWS" op hierdie Facebook page Sorina aka Flooze Fan Page WEN n gratis DIRK & FLOOZE show.Kompetisie sluit 22 Maart 2018 5pmLIKE Dirk van der Westhuizen se Facebook page #DieTennisTune(Terme & Voorwaardes Geld)

Posted by Sorina aka Flooze Fan Page on Thursday, 1 March 2018

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Jaco-Mari Futcher
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: