Riebeeckrand se top-matrikulant!

Alicia Jacobs, wat as top-matrikulant aangewys is in die nommer een posisie in die akademiese Top 10. Foto ingestuur.

Na afloop van die afgelope Graad 12- rekordeksamen by Hoërskool Riebeecrand, is Alicia Jacobs as die top-matrikulant aangewys in die nommer een posisie in die akademiese Top 10.

” Voorwaar ‘n puik prestasie!” sê Elzeri Wright, Hoërskool Riebeecrand se Verteenwoordiger.

Alicia is ook in Graad 10 na die afloop van die Junie-eksamen, as die top-leerder van die Graad aangewys.

” Reeds in Graad 11 het Alicia ook die skool se hoogste toekenning vir akademie, naamlik lourierkleure, ontvang. Hierdie toekenning word in Graad 12 weer herhaal.” sê Wright verder.

Tydens die Graad 12-prysuitdeling het Alicia die meeste trofeës van al die matrikulante ontvang, naamlik :

Beste prestasie – Lewenswetenskappe

Beste prestasie – Rekeningkunde

Beste prestasie – Afrikaans Huistaal

Beste prestasie – Geografie

Beste prestasie – English FAL (First Additional Language)

Beste tweetalige leerder

Alica het vir ses van haar sewe vakke ‘n gemiddeld bo 80 persent tydens die

rekordeksamen behaal, met ‘n totale gemiddeld van 84.1 persent.

Riebeeckrand sien met verwagting uit na haar finale matriekuitslae.

” Ons beste wense vergesel haar.” sê Wright.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top