Leer ‘n Teiner ken #42 – Steven Combrinck

Steven Combrinck, 26.

Op Dinsdag, 14 November, het die Herald in die 42e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Steven Combrinck, 26, ontmoet.

Steven of Steven Slagyster, soos sy vriende hom noem, is ‘n interessante karakter. Hy braai minstens vier keer ‘n week.

Hy is ‘n volslae karnivoor en die mense by Ben’s Butchery dink al hy het aandele daar.

Steven woon nou ongeveer twee en ‘n half jaar in Randfontein, en is ‘n baie bedrywige man. Hy het voorheen in Lichtenburg gewoon.

Hy werk by Stallion Security, doen besigheidsontwikkeling in die mynwese en besit ACB Boerdery, wat meestal op jag toegespits is. Toe hy jonger was, was dit sy droom om te boer.

Die liefde van Steven se lewe is Jesica Dick, 23, en hulle is al vier jaar verloof. Steven is lief vir Afrikaanse musiek, en baie lief vir die Bosveld. Sy morele waardes is vir hom baie belangrik, en hy glo daaraan om iets die eerste keer reg te doen.

Hy glo aan die vyf vywe, naamlik “Proper Planning Prevents Poor Performance”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top