Bekende oud-onderwyseres sterf

Sannie Koen (omkring) saam met oudleerders en atlete tydens 'n reünie 'n paar jaar gelede. Foto: Christien van der Merwe.

Die welbekende en geliefde voormalige onderwyser van Hoërskool Riebeeckrand, Sannie Koen is onlangs oorlede.

Volgens haar dogter, Rina Koen het haar ma op 29 September gesterf.

Na haar man, Boet, se afsterwe in 2007 het haar wêreld ineengestort. Sy het kort daarna Robertson toe verhuis. Rina het verder vertel dat haar ma na haar seun se siekte en dood nooit weer dieselfde was nie en moes voltyds versorg word. Sy het haar laaste dae in ‘n plaaslike ouetehuis, Huis Le Roux, deurgebring.

Sannie, Boet en Walbrey Koen. Foto ingestuur.

Sannie het in Kroonstad grootgeword. Sy het na haar studies haar hele loopbaan as onderwyser en afrigter aan Hoërskool Riebeeckrand gewy.

Rina het aan die Herald vertel dat baie oudleerders en hul ouers die werk waardeer wat haar ma by die skool gedoen het.

Sosiale media is oorstroom met simpatiebetuigings en vertellings oor die goeie herinneringe aan mev Koen.

“Rus in vrede tannie, San Koen. Een van R’tein se legendes,” het Anita van Wyk gesê.

“Bekend, geliefd en vir seker legendestatus,” het Frik Badenhorst gesê.

“Juffrou Koen was ‘n dierbare mens. Sy en mnr Koen het altwee vir my klas gegee. Rus in vrede,” het Elize Kotze gesê.

Sy word oorleef deur haar dogter Rina en twee kleindogters, Caria en Sanmari.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Mare
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top