Leer ‘n Teiner ken #37 – Adelle Grobbelaar

Adelle is 'n ekstrovert en knoop maklik geselsies aan.

In hierdie week se aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, het die Herald met Adelle Grobbelaar kennis gemaak. Sy is die 37e persoon in die gewilde reeks.

Adelle, 21, woon die afgelope 13 jaar in die dorp en is ‘n studentonderwyseres by Laerskool Randfontein. Sy is tans ‘n derdejaar onderwysstudent by Unisa.

Adelle het aan die Herald vertel dat sy sedert sewejarige ouderdom by ‘n bekende dansskool betrokke is en dat sy ‘n groot liefde en passie vir kinders het.

“Ek hou van enige avontuur en geen uitdaging is vir my te groot nie. Hoe vuiler ek kan word, hoe beter,” het Adelle gesê.

Sy is nie ‘n stadsmeisie nie en hou van die bosveld en die buitelug. Sy het ook vertel dat sy glad nie daarvan hou om inkopies te doen nie.

Vir haar is Randfontein ‘n sosiale dorp en sy hou van die mense. Sy oefen daagliks by ‘n bekende gimnasium en eet graag by Mugg & Bean.

Sy is ‘n ekstrovert en knoop maklik geselsies aan. Sy beskou haarself as ‘n mens-mens en glo daarin om haar medemens met respek te behandel.

Die gemeenskap ken haar as Dellie. Adelle het vertel dat dié bynaam al ‘n lang pad saam met haar kom en dat dit ‘n afkorting vir haar naam is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Mare
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top