Riebeeck se Rocky-musiekblyspel tops!

Dance Vercity het uitgestaan met hulle wit kostuums en hulle talent.

Hoërskool Riebeeckrand het drie vertonings van hul briljante musiekblyspel Rocky vir die gemeenskap gehou.

Die musiekblyspel wat op 27 en 28 September aangebied is, het voorwaar Randfontein se inwoners laat gons. Die uitstekende spel van die hoofkarakters, pragtige sang en puik gechoreografeerde danse het die gehoor meegevoer na die fantasiewêreld van ‘n mal professor en sy kasteelgenote.

Mad House dans die ‘Time Warp’.

“Bloed wat vrylik vloei en lekker humor het die produksie ‘n okkasie gemaak wat nie gou vergeet sal word nie,” het Leona Esterhuyse gesê.

Sy het die teks geskryf en die regie behartig. Sanette Smith het vir Leona bygestaan met die grimering en koshuis.

Die musiekblyspel begin by ‘n doodgewone troue. Dit verander gou in verraad, liefde, moord en natuurlik is daar die perfekte man, Rocky (Waldo Parkin).

Dance Vercity het uitgestaan met hul wit kostuums en talent.

Drie dansgroepe, naamlik Elitrix, Mad House en Dance Versity was deel van die skouspel. Die musiekgroep, Tussen Seile, was uitstekend en het selfs hul weergawe van een van die harderock-groep Guns N’ Roses se liedjies gespeel. Die choreograwe was Ezél van der Walt, Varuska Denysschen en Chantel Couper.

Hoërskool Riebeeckrand het waarlik weereens bewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top