update


Sakeman-skietvoorval: Vrou gearresteer vir moord

Willem du Plessis, bekende sakeman in Randfontein. Foto: Facebook.

‘n Sestigjarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op die sakeman Willem du Plessis, 63.

Volgens ‘n amptelike verklaring deur kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder is polisielede op Sondag, 10 September uitgeroep na ‘n skietvoorval op ‘n kleinhoewe in Middelvlei.

Lees oorspronklike artikel hier: Bekende sakeman onder raaiselagtige omstandighede doodgeskiet

Daar het hulle ‘n 63-jarige man – wat die Herald intussen as Willem du Plessis geïdentifiseer het – met verskeie koeëlwonde aangetref en wat in daardie stadium deur paramedici behandel is. Hy het egter aan sy wonde beswyk terwyl daar om sy lewe geveg is.

Polisielede het die toneel ondersoek en bevind dat alles op ‘n gesinsverwante voorval gedui het.

Die vrou is kort na die voorval in hegtenis geneem en staan tereg op ‘n aanklag van moord en die besit van ‘n vuurwapen waarvan sy nie die gelisensieerde eienaar is nie. Daar is ook op die vuurwapen beslaggelê.

“Die vrou het reeds op Dinsdag, 12 September in die Randfonteinse Landdroshof verskyn en is op borgtog vrygelaat,” het Ernst intussen bevestig.

Adjudant-offisier Rupert van Zyl is as ondersoekbeampte in die saak aangewys.

‘n Roudiens word op Saterdag (16 September) om 3nm by Cornerstone Ministries (ou Biddende Hande-kerk) vir Du Plessis gehou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top