Bome en kragkabels gaan nie saam nie

Hier kan duidelik gesien word hoe takke oor die kragdrade hang.

AfriForum Randfontein-tak het Dinsdag, 13 Junie, ‘n projek in samewerking met Hannes Ernst van die stadsraad, sy personeel en Polomino Plant Hire aangepak.

Die gemeenskap van Elandsvlei, Loumarina- en Bootha-plotte asook Wilbotsdal het die afgelope tyd besef dat wanneer boomtakke en klam blare op die kragkabels rus, dit kortsluitings en kragvermorsing veroorsaak.

Martin Botha, Jan Lubbe, Matium van Vuuren en Martin Erasmus van AfriForum Randfontein-tak.

Matium van Vuuren, AfriForum Randfontein-takvoorsitter het saam met ander Afriforum-lede besluit dat daar so gou as moontlik iets aan die situasie gedoen moet word.

Hannes Ernst van die stadsraad het twee vragmotors vir hulle geleen en Polomino Plant Hire het twee kettingsae en petrol beskikbaar gestel.

Jan Lubbe, Martin Botha en Martin Erasmus van AfriForum Randfontein het saam met Matium in Elizabethweg begin om die probleemtakke af te saag. Matium het vertel dat hulle ook in Weg 3 Weg takke afgesaag het, maar dat hulle nog nie klaar is nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top