Graad Re van Rappies reg vir ‘grootskool’

Volgens die skool was die aand suksesvol en het talle belangstellende ouers en kleuters die aand bygewoon.

Op Dinsdag, 9 Mei het ‘n groot groep kleuters by Laerskool Rapportryer opgedaag tydens hul jaarlikse Ope-aand.

Met blink ogies en ’n hart vol verwagting het die groep gewag om eerstehands te ervaar wat hulle by die ‘grootskool’ gaan doen.

Volgens die skool was die aand suksesvol en het talle belangstellende ouers en kleuters die aand bygewoon.

Die ‘Dapper Rappie-muis’ het hulle sommer alles van Rapportryer vertel..

Volgens die skool was die aand suksesvol en het talle belangstellende ouers en kleuters die aand bygewoon. Die kleuters het onder andere speletjies gespeel, hul eie muis versier, gesigte laat verf, lekker geëet en nuwe liedjies geleer.

Volgens die skool was die aand suksesvol en het talle belangstellende ouers en kleuters die aand bygewoon.

“Die besoekers was baie beïndruk deur die skool en kleuters sien elkeen daarna uit om hul eie lewensverhaal te kan begin skryf.

Ons is opgewonde om ons kleutermaatjies in 2018 by die Rappies-familie te verwelkom.” het Roelien Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Corlia Roux, het die aand baie geniet en haar tande omtrent ingesink in haar worsbroodjie. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top