Dankie ‘Mean Team’

Ek hoop ek het die regte epos beet en hoop dat julle my briefie plaas.

Ek weet nie of my ‘Mean Team’ dit gaan raaklees nie maar ek hoop so.

Ek wil net dankie sê aan Randgate Spar vir die twee puik sekuriteitsouens, Jan en Wynand, wat julle daar het.

Dankie dat julle ‘2-tjies’ my altyd gerus en veilig laat voel as ek daar by die OTM is om geldjies te trek.

Julle sê nooit nee nie. Dis vir my baie goed dat jongmanne soos julle nie net by die huis sit en niksdoen nie. Julle hou ons dorp veilig.

  AUTHOR
• Elize Roux skryf:

Latest News

COMMENTS

Top