Rappies-leerders kán dans!

Jaden Smith, Dané Hopking, Miché Smith en Zhanté Hopkins. Foto: Ingestuur.

Vier leerders van Laerskool Rapportryer het in hulle onderskeie formasiegroepe gekwalifiseer om aan die Dance Star World Masters Kampioenskappe in Kroasië te gaan deelneem.

Mario Gomes Hip Hop Dance Academy (MGHHDA) se studente het verlede Oktober aan die Dance Star 2016-kompetisie deelgeneem waartydens al hul formasiegroepe gekwalifiseer het om vanjaar aan die Dance Star World Masters Kampioenskappe in Kroasië deel te neem.

Die vier Rappies-leerlinge van die dansskool het uitstekend gevaar en Jaden Smith is gekies om Suid-Afrika in die Jnr Prestige (kleinformasie) en die Rebellion Crew (grootformasie) in die ouderdomsgroep 13–16 jaar te verteenwoordig.

Miché Smith het Suid-Afrika in die Lil Perfection (kleinformasie) en Quarantine crew (grootformasie) in die ouderdomsgroep 9–12 jaar verteenwoordig .

Zhanté en Dané Hopkins is ook lede van die Quarantine crew en Tiny Flawcision (kleingroep). Hulle het ook gekwalifiseer vir solo’s en hul duo.

Die kompetisie vereis ‘n baie hoë standaard en behels alle kategorieë van dans – ballet, kontemporêr, jazz en hip-hop.

Trots is nie die woord vir die skool nie, want hulle is beloon met die volgende uitslae:

Jaden Smith: Jnr Prestige – tweede

Miché Smith: Lil Perfection – derde

Miché Smith, Zhanté en Dané Hopkins: Quarantine crew – tweede

Rappies se bestuur en personeel sê dat die een ervaring en belewenis wat geen leerling ontneem kan word nie, is as om kind op ‘n verhoog te staan in ‘n vreemde land en Suid-Afrika te verteenwoordig. Wat ‘n eer!

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other