Man op straat kry nuwe rolstoel

Danie Esterhuizen, 57, saam met Kallie Els, 80, die goeie Samaritaan wat nou as Randfontein se engel bekendstaan.

Danie Esterhuizen, 57, het in trane uitgebars toe ‘n goeie Samaritaan vir hom ‘n splinternuwe rolstoel gegee het.

Danie is welbekend in Randfontein waar hy amper daagliks by die verkeerslig in Homesteadlaan in sy rolstoel sit om te probeer geld kry om liggaam en siek aanmekaar te hou. Danie huur ‘n woonplekkie by ‘n bejaarde in Homelake.

In September 2015 het die Herald ‘n artikel oor Danie geskryf waarin die swaar tye beskryf word wat hy beleef het nadat sy been afgesit moes word weens sy are wat vernou het. Hy het sewe jaar lank by Nola gewerk en in daardie stadium ‘n ongeskiktheidstoelae ontvang.

Danie Esterhuizen, 57.

Die man wat tot sy redding gekom het, is niemand anders nie as Kallie Els, 80, wat al 37 jaar lank ‘n inwoner van Randfontein is. Kallie het ook vroeg in April medikasie aan ‘n familie van Rikasrus geskenk.

Tydens die oorhandiging van die rolstoel op Donderdag, 20 April het Danie en Kallie soos ou vriende gesels. Danie het aan die Herald vertel dat hy vir Kallie ongeveer twee jaar ken en hom gereeld sien wanneer hy by die verkeerslig verby hom ry.

Danie Esterhuizen, 57, saam met Kallie Els, 80, die goeie Samaritaan wat nou as Randfontein se engel bekendstaan.

Om iets fisies te oorhandig is maklik, maar dit is die moeite wat Kallie gedoen het om die rolstoel te kry wat regtig uitstaan. Volgens Kallie het hy op 19 April al die pad Middelburg toe gery waar sy dogter, Elsabe Fourie, met Geraldine Pelzer gereël het vir die skenking van die rolstoel. Danie en Kallie was albei baie emosioneel toe die Herald hulle uitgevra het.

Albei het gehuil en Kallie het gesê, “Terwyl mense in die nag slaap, bid ek”. Danie het met trane in sy oë vir Kallie hartlik bedank en gesê hy gaan dadelik die nuwe rolstoel gebruik.

“Kallie is ‘n baie goeie mens. Ek waardeer die rolstoel baie. My huidige rolstoel is al drie jaar oud,” het Danie gesê.

Daarna het hulle mekaar soos ou vriende gegroet en Randfontein se engel, Kallie, het in sy motor geklim met die wete dat hy God se doel vir sy lewe uitleef.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top