Straf uit ‘n ander oogpunt

• Nikki Swart, ‘n remediërende terapeut skryf:

As mens dink aan die redes waarom ons ons kinders straf, wat kom eerste in ons gedagtes op?

Natuurlik dien dit om ons kinders maniere te leer en wat reg en verkeerd is. Maar hoekom werk straf in so baie gevalle nie? Wat leer straf dan eintlik vir ons kinders?

Ons wil hê dat dit hulle moet leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul optrede. Kyk na dié voorbeeld: ‘n seuntjie mag nie na sy gunsteling program kyk nie want hy het sy sussie se speelding gebreek.

Leer die straf hom enigsins iets oor verantwoordelikheid? Of sal iets soos om die speelding met sy sakgeld te vervang hom eerder die praktiese ervaring gee wat hy benodig om te verstaan hoe om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy optrede? Daar is ‘n groter kans dat laasgenoemde benadering eerder kritiese denke sal bevorder.

Ariadne Brill van PositiveParentingConnections verduidelik hoe ouers se reaksie op hul kinders se foute en wangedrag ‘n groter rol speel as straf. Na haar mening moet ouers seker maak dat die gevolge van ‘n kind se optrede direk verband hou met die optrede self, en nie net willekeurig straf uitdeel nie.

Ons moet die verhouding tussen foute of wangedrag en die gevolge daarvan illustreer sodat kinders kan leer hoe om vir hulself te dink. Deur byvoorbeeld voorregte weg te vat as ‘n kind iemand seergemaak het, gaan die kind nie leer hoe om aan sinvolle oplossings te dink vir sy of haar gedrag nie.

Soos wat Claire Lerner, ‘n sosiale werker, sê: “Your power lies in how you respond to your child’s behaviour, not controlling their behaviour”. Die geheim is om kalm te bly en ‘n voorbeeld te stel van hoe om probleme op te los.

Vir enige navrae oor kinderontwikkeling en -ondersteuning, kontak gerus vir Shané van Tonder by info@livinglinks.co.za of 076 611 1131.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other