Riebeeck slaggereed vir wintersport

Kapteine van elke eerstespan is Quinton Roux (rugby), Angelique Groenewald (dogtershokkie), Reinhardt Hechter (seunshokkie) en Charnell Oberholzer (netbal).

Hoërskool Riebeeckrand se sportspanne is glo uitstekend voorberei vir die winter.

Almal speel tans in die PUK-reeks en volgens Elzeri Wright, die skoolwoordvoerder, vaar die rugby-, netbal- asook seuns- en dogtershokkiespanne almal uitstekend.

“Die sportspanne is hard aan die oefen en hulle harde werk word op die sportveld beloon. Ons wens elke leerder wat in hul betrokke eerstespan opgeneem is alle sterkte toe. Dit is ‘n puik prestasie,” het Elzeri gesê.

Riebeeckrand deel met graagte hul wintersporte se eerstespanne:

• Eersterugbyspan: Corne Aldridge (onderkaptein), Francois Beyleveld, Charl Botes, Marco Briedenhann, Dylan Calitz, Cameron Graham, Hanno Jordaan, Christoff Kleyn, Reck Mare, Danie Meyer, Theo Potgieter, Franco Prinsloo, Shaun Rothman, Quinton Roux (kaptein), Janco Saunders, Martin Schutte, Jason Storm, Kyle Storm, Reinhardt van den Berg, Christo van Emminis, Duncan van der Westhuizen, Divan van der Berg, Xander Venter en Gerhard Vorster.

• Eerstenetbalspan: Sherique du Plessis, Chanel Engelbrecht, Jessica Joubert, Sharne Landman, Danielle Malan, Melouise Mulder, Charnell Oberholzer (onder kaptein), Surika Pretorius, Twanette Thoms (kaptein) en Marilee van der Walt.

• Dogterseerstehokkiespan: Carla Aldridge, Michelle de Wit, Christy Duvenage (onder kaptein), Chenelle Engelbrecht, Joeleen Fowler, Angelique Groenewald (kaptein), Melissa Herman, Ghistelle Pietersen, Johanné Prinsloo, Chantel van Deventer, Zandalee van Zyl, Marthie Venter, Nicole Wood en Marina Wray.

• Seunseerstehokkiespan: Owethu Bobo, Xander Coetzee, Jové du Plessis, Werner Gabriel, Bruce Gindra, Dewald Harmse (onder kaptein), Reinhardt Hechter (kaptein), Brandon Koen, Arlindo Korb, Willem Oberholzer, Tendni Radebe, Neil van der Merwe, Ruan van der Merwe, Morné van Vliet en Tiaan Wilken.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Maritza van Zyl
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top